Afrikaanse forum

Afrikaanse forum

by Victor Correia -
Number of replies: 0

Doel

Die doel van hierdie forum is om die die Afrikaanse gemeenskap op Moodle uit te brei. Dit word hoofsaaklik deur die volgende gedoen: 
  • Vertaling
  • Dokumentasie
  • Netwerk

Vertaling van Moodle

Die Afrikaanse vertaling van Moodle was in Junie maand van 2021 voltooi. Dit was 'n groot stap vorentoe om Moodle meer toeganklik in Afrikaans te maak. Die vertaling van Moodle maak dit ook moontlik om voortaan unieke ondersteuningsmateriaal in Afrikaans met mekaar te deel. Daar was tydens die vertalingsprojek verskeie nuwe terme geskep, maar ons moet seker maak en vasstel of hierdie terme aanklank vind by Moodle gebruikers op grondvlak. 'n Forum soos die skep 'n plek waar ons die tipe gesprekke kan hê en self vertalingsriglyne vir die toekoms kan opstel. 

Dokumentasie

'n Afrikaanse forum kan verder 'n plek wees waar Afrikaansprekende gebruikers van Moodle riglyne vir die gebruik van Moodle met mekaar kan deel. Indien jy self in 'n posisie is waar jy vir ander riglyne gee oor hoe om Moodle te gebruik, is hierdie die ideale plek om dit met ander te deel. Moontlik sou dit later in 'n basiese dokumentasie van Afrikaanse hulpbronne op Moodle kan groei. 

Netwerk

Om Afrikaans as 'n jong taal in die digitale wêreld te laat groei is dit belangrik om 'n netwerk te vorm. Hierdie Moodle forum poog om 'n beginpunt hievan te wees, maar indien daar genoeg belangstelling is kan daar ook later moontlik 'n Afrikaanse Moodle gemeenskap tot stand kom. 

Neem gerus deel aan die forum, deel julle suksesse en uitdagings. Deur met mekaar te deel, maak ons nie net onderrig meer toeganklik in Afrikaans nie, maar skep ons vir meer mense geleentheid om in hul moedertaal onderrig te ontvang.